Consumer Assist Call now for immediate help!
0861 21 22 23
1st step to financial freedom
Debt Counselling
Click here and take the 1st step to financial freedom
Debt counselling
Employers
Click here
Employers
Helping Others
Click here
Helping Others

Media Info

Huwelike wankel oor skuld

27 October 2008

Skuld en die huidige ekonomiese spanning plaas al hoe meer druk op Suid-Afrikaners se huwelike.

Aldi Schoeman

Skuld en die huidige ekonomiese spanning plaas al hoe meer druk op Suid-Afrikaners se huwelike.

Baie mense moet deesdae skuldberading ontvang, sê be-raders, maar die situasie het ook ’n groot impak op hul gesinslewens.

“Paartjies skree op mekaar en huil by skuldberaders. Geld het ’n baie groot impak op huwelike,” sê mnr. André Snyman, uitvoerende hoof van Consumer Assist, ’n onderneming met skuldberaders wat by die Nasionale Kredietreguleerder geakkrediteer is.

Me. Ulandé Janse van Rensburg, ’n berader van Consumer Assist, sê sy kan op haar een hand tel hoeveel mense wat haar oor skuld kom sien, nié ook verhoudingsprobleme het nie.

“Mense met skuld leef dikwels in vrees en dit maak ’n mens kort van draad.

“Dit raak jou verhouding met jou man of vrou, met jou kinders en jou kollegas,” sê Janse van Rensburg.

Volgens Snyman vind party getroude mense eers in beradingsessies van mekaar se skuld uit.

Janse van Rensburg sê paartjies is dikwels bang om mekaar van skuld te vertel omdat hulle bang is dit lei tot ’n egskeiding.

Veral stygende rentekoerse laat mense in die knyp, meen hy.

Sake24 het vroeër berig Absa neem maandeliks tot 1 350 motors terug van verbruikers wat hul paaiemente nie meer kan bekostig nie – amper 30% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Altesame 25 000 huiseienaars was volgens navorsing van die Alliance Group in die derde kwartaal vanjaar meer as vier maande agterstallig met hul huispaaiemente. Dit is 18 000 meer as in die eerste kwartaal.

Kragtens wetgewing moet egpare wat binne gemeenskap van goedere ?getroud is, saam onder skuldhersiening geplaas word.

Die skuldberader stuur dan ’n brief aan al die krediteure wat sê die kliënt is onder skuldhersiening.

Die kliënt mag vir 60 dae nie weens uitstaande rekeninge vervolg word nie.

“As hulle buite gemeenskap van goedere getroud is, kom hulle alleen vir skuldberading, maar ons beveel aan dat hulle hul man of vrou daarvan sê,” sê Snyman.

Kinders kry ook swaar weens die verbrokkelende gesinsverhoudinge waartoe skuldprobleme bydra.

“Kinders sien die rusies, maar weet nie waaroor dit gaan nie,” sê me. Colleen Bloem, ’n persoonlike en gesinsraadgewer van Johannesburg.

Sy stel voor dat ouers, met inagneming van hul kinders se ouderdomme, hul kinders inlig as daar probleme is.

Kinders by skole word byvoorbeeld verneder as hul skoolgeld nie betaal word nie en hulle briewe daaroor kry.

“Dis reeds vir kinders so moeilik om ‘in’ te wees en dan voel hulle hul ouers doen dít ook nog aan hulle.”

Bakleiery oor skuld benadeel ook paartjies se sekslewe.

“Baie dinge kan tot seksprobleme lei, maar geld is gewoonlik een van die groot dinge,” sê dr. Elma McIntosh, ’n seksoloog van Johannesburg.

“Dit is emosioneel dreinerend om skuld te hê. Mans wat oor hul skuld stres, se libido is gewoonlik nul.”

Swak kommunikasie dra tot dié probleme by.

“Die ideaal is dat ’n paartjie soos twee grootmense met mekaar moet kan praat en soms soos kinders moet kan speel. Maar dikwels praat een met die ander soos ’n ouer met ’n kind, of een reageer kinderagtig.”

FOR FURTHER INFORMATION www.consumerassist.co.za 0861 21 22 23 debt counselling call centre
Andre Snyman - CEO - Consumer Assist
aurelia.espag@consumerassist.co.za / 011 654 6018 (Languages: English, Afrikaans)

Source: Beeld